Solex1 is gebaseer in Naboomspruit reg langs aan Die Oog Aftree Landgoed.


Solex1 is passievol oor son energie en ons wil die oorgang na 'n volhoubare elektrisiteits toekoms in Suid-Afrika bespoedig! Vir die wat dit wil hê.


Solex1 is 'n EPC en 'n installeerder van sonkrag-PV-stelsels tot 10 MW.


Solex1 is ook 'n lid van die Association for Renewable Energy Practitioners (AREP).

Wat is n EPC?

(EPC is an acronym for Engineering, Procurement and Construction disciplines of a project.)

'n EPC word gedefinieer as 'n kontrakteur wat volle verantwoordelikheid vir 'n sonkrag-PV-projek aanvaar. Volle verantwoordelikheid sluit dienste soos ontwerp, ingenieurswese, verkryging, konstruksie en projekbestuur in.